Frames | No Frames
Main Page | Pieter | Brits Family | JESUS-Film
Background | Partner with us | News | Vision | Links

JESUS-Film Fotos



Voor die aanvang van die aand se JESUS-Film vertoning sing ons eers lekker saam. Dit dien nie slegs om die gemoedere reg te kry nie, maar ook as promosie om die skare te lok.





Hierdie dame en haar man, van Louis Trichardt, het al die finansies beskikbaar gestel om die JESUS-Film in die Venda taal te vertaal.





Jonas gee 'n lesing oor kulturele aangeleenthede. Dit is baie belangrik wanneer mens in ander kultuurgroepe werksaam is.





Marietjie deel 'Every Home for Christ" (EHC) evangelisasie boekies uit. Ons doen dit gewoonlik die aand voor ons met 'n uitreik begin.





Promosiewerk. Hier ry ons deur die woonbuurt met 'n kragtige luidspreler sisteem en verkondig luidkeels die aand se voorgenome JESUS-Film vertoning.
"....Die film is gratis en begin sodra dit donker is. Almal is welkom....!"





Pieter soek 'n veilige plek om die domkrag onder die Venture te plaas.





Skade soos hierdie is baie algemeen in die veld en daarom is finansiele steun 'n vereiste. Die meeste JESUS-Film werkers verrig hierdie liefdeswerk uit eie sak.





Dit is altyd 'n aanwins om 'n handige ou op die span te hê.





Aan die einde van die weeklange opleiding word sertifikate aan die suksesvolle studente uitgedeel.




Back to JESUS-Film.


Back to top.
Contact Pieter: or 082 469 6724