Frames | No Frames |
Main Page |
Pieter |
Brits Family |
JESUS-Film |
Een dag in die Nasionale Kruger Wildtuin het ons die besonderse ervaring gehad deur met 'n verbode pad te ry tot teen die Mosambiek grens, om die JESUS-Film daar te kan vertoon.
Lede van die span in die SA kant van die Wildtuin. Ons het so pas daar aangekom. Die waterkar, en alle toerusting vir die vertoning van die film, is alles op die bakkie, en gereed vir aksie.
Hier klim Pieter oor die hek (grensdraad), om die Geestelik en fisiese honger skare te kan bereik.
Sommige spanlede, soos Hester, het besluit dit is veel veiliger om deur die klein gaatjie onder deur die draad te kruip.
Voorrade word deur die Wildtuin se draad in Mosambiek uitgedeel. Hierdie mense het ‘n vaste reëling om een maal per maand met Ds. Carel Lourens van Skukuza te ontmoet vir 'n Geestelike praatjie en uitdeel van voorrade.
Dié met geld, bestel items soos waspoeier en Coke, want dan 'n maand later aan hulle oorhandig word.
Water is baie kosbaar en word met ‘n waterkar, agter ’n bakkie, aangery. Die mense van Mozambiek loop gemiddeld 10 tot 20 kilometer vir hierdie gereelde afspraak met Ds. Carel Lourens van Skukuza.
Elise, een van ons spanlede, deel ‘n persoonlike getuienis tussen twee rolle van die film met die skare.
Enos Phosa, ons tolk, is een van ons voltydse JESUS-Film werkers in Pietersburg. Hy kan gelukkig Tsonga (Shangaan) praat.
Terwyl die film draai, is die spanlede wat nie elders besig is nie, besig om te bid. Hier is Kobus besig om te bid vir geopende harte gedurende die derde aand se verrigtinge.
Na afloop van die aand se JESUS-Film vertonings, word die gaste in kleingroepies verdeel, waar persoonlike aandag aan hulle gegee word. Hier word nie net vir hulle persoonlike behoeftes by die naam gebid nie, hier word ook saam gehuil en gelag.
Hier sien ons die hande, soos mense in hulle getalle reageer om Christus in hul lewens binne te nooi a.g.v. die boodskap deur die film.
Nuutste statistiek wys dat 185 miljoen mense wêreldwyd al 'n keuse vir Christus gemaak het teen April '03. Hierdie wonderlike evangelisasie metode is reeds in meer as 800 verskillende tale vertaal.
Wynand deel "Every Home for Christ" (EHC) traktaatjies uit. Aan elke huisgesin word net een van hierdie boekies gegee. Hierdie baie handige boekies word gratis deur (EHC) aan Campus Crusade for Christ voorsien.
Ons program is van so 'n aard dat ons die eerste aand die (EHC) traktaatjies uitdeel, en die mense uitnooi na die beplande verrigtinge. Daarna, vir die volgende drie aande, vertoon ons die film op dieselfde vertoonarea. Ons vertoon die film vir drie aande om doodseker te maak dat die skare die boodskap baie goed verstaan.
Na afloop van die uitreik word die name van die nuwe Christene oorgegee aan die plaaslike Geestelike leiers vir opvolg.
Aan die einde van die aand se verrigtinge, veilig terug in die kamp.
Die spanlede geniet 'n koppie koffie saam, dankbaar vir die wyse waarop die Here weereens die aand se verrigtinge geseën het.
Twee van die spanlede, Hendrik en Wendy, besig om die film gereed te kry vir die aand se filmvertoning in Skukuza.
Terwyl hulle die projektor in gereedheid kry, is die res van die span buite besig om "Every Home for Christ" boekies uit te deel.