Frames | No Frames |
Main Page |
Pieter |
Brits Family |
JESUS-Film |
Vanaf 4 - 13 Junie het ons ‘n baie suksesvolle JESUS-Film uitreik en opleiding in die Nasionale Kruger Wildtuin aangebied.
Ons het in drie verskillende kampe gewerk, en ook een dag oor die
draad na Mosambiek geklim, om daar die film te gaan vertoon. (Sien
meegaande foto's.)
Ds. Carel Lourens van Skukuza is ons baie goedgesind
en het ons uitgenooi om elkeen van die kampe in die Wildtuin in die
volgende jaar of wat te help bereik met die Goeie Nuus van Jesus
Christus.
Soos gebruiklik het ons by elke gebied die film vir drie aande op
dieselfde area vertoon.
Dit is wonderlik om te sien hoe die mense se gesindhede gedurende die drie
geleenthede verander:
Die aande na afloop van die byeenkomste moes ons deur die wildtuin terugry na ons kampeerplekke. Die hiënas en ander diere was elke aand langs die pad, en ons moes net mooi ry om hulle nie te pla nie.
Sien ander foto's. (Dit mag dalk 'n rukkie neem vir al die foto's om te laai.)